

VROEë AKADEMIESE
GEREEDHEIDSPROGRAM
VIR 5 - 7 JARIGES








Wat jy NOU doen, gaan 'n groot verskil in jou kind se lewe maak later.
By Academic Coaches verstaan ons die waarde van vroeg begin.
Terwyl ons vas glo in die voordele van speel en 'n kind toelaat om net 'kind' te wees, glo ons ook sterk daarin om fundamentele boublokke vir leer so gou as moontlik in plek te sit, en sodoende 'n jong leerder se toekomstige akademiese sukses vir die langtermyn te verseker.
Ons glo:
• Elke kind behoort in staat gestel te word om hul onafhanklikheid as 'n leerder te kan opeis.
• Elke kind behoort daarvan te droom om 'n ruimtevaarder te word (droom GROOT!); hulle keuse of hulle daardie droom eendag wil nastreef, of nie.
Ons Vroeë Akademiese Gereedheidsprogram vir 5 - 7 jariges word gerugsteun deur die ongelooflike krag van ‘n hele reeks internasionaal erkende metodologieë, assesserings, programme en hulpmiddele - ondersteun deur jare se formele navorsing en ontwikkeling.
Ons Vroeë Akademiese Gereedheidsprogram fokus daarop om sterk uitvoerende funksie- en leervaardighede, strategieë en taktieke van 'n vroeë ouderdom af te ontwikkel en uit te bou, wat jou kind die selfvertroue gee om vroeg reeds in 'n sterk(er), onafhanklike leerder te ontwikkel.
Die program fokus op die volgende fundamentele ontwikkelingsgebiede, met 'n kritiese oog op toekomstige akademiese sukses, en sluit die volgende vier unieke, gespesialiseerde ontwikkelingsprogramme in:
GEE JOU KIND 'N LEWENSLANGE VOORSPRONG MET:
Vroeë Lees- en Taalvaardigheidsontwikkeling
Het jy geweet om 'n pols te kan hou (anders as om 'n ritme te hou) het 'n direkte invloed op 'n kind se lees- en taalontwikkelingsvermoë? BEATBats™is 'n prettige, maar intense program om vroeë lees- en taalvaardighede te ontwikkel.
Program: BEATBats™
Aandagspan en Fokus Ontwikkeling
Ontwikkel en versterk aandagspan, fokus, en impulsbeheer vaardighede.
Program: BrainLeap™
Probleemoplossing en Beplanningsvaardighede
Ontwikkel die kreatiewe kant van komplekse probleemoplossing, met 'n direkte impak op wiskundige vaardigheidsontwikkeling.
Program: BRICKSRx™
Prossessering en Geheue Vaardighede
Versterk die onderliggende vaardighede waarop 'n kind staatmaak om inligting optimaal aan te leer en te onthou.
Program: OPTI-start™


